ʼn NUWE SIENING OP SENIOR LEWE

Jou Leefstyl in die natuur!

Die Oog - Aftree Leefstyl

Met sy natuurlike bosveldomgewing, matige klimaat en wye verskeidenheid fasiliteite is Die Oog Aftree-Landgoed die ideale plek om af te tree.

Adres

Mineralebronne Pad (R520),
Naboomspruit,
LIMPOPO
0056

Die Oog - Logo (9)

Welkom

Aftrede In Styl. Kies Die Regte Leefstyl Vir Jou Aftrede!

0 +
Hektaar
0 +
Inwoners
0 +
Nuwe eenhede beskikbaar

Die Oog Aftree-Landgoed is geskoei op die beginsel van ’n aktiewe en vervullende leefstyl ná aftrede — ’n plek waar jy steeds kan werk, leer, reis, inkomste verdien, belê, sosialiseer en nuwe uitdagings aanpak vir ’n langer, beter kwaliteit lewe. Geleë in ’n idilliese omgewing by ’n natuurlike mineraalbron aan die voet van die Waterberge, net buite Naboomspruit in Limpopo en slegs 1 uur 30 minute van Pretoria af, bied Die Oog die perfekte balans tussen lewensdoel en natuurlike skoonheid.


SAVF is die trotse Ontwikkelaar by Die Oog Aftree-Landgoed. 

Wat maak ons Anders

Ontwikkeling

'n Wye verskeidenheid leefopsies

By Die Oog Aftree-Landgoed koop jy nie net ’n huis nie — jy word deel van ’n gevestigde gemeenskap in een van Suid-Afrika se mooiste leefomgewings. Jy kies die plan en afwerkings wat by jou pas, en ons bou jou droomhuis vir jou. Jy besit nie net jou huis nie, maar ook ’n aandeel in die 200ha landgoed en sy uitstekende fasiliteite. Jy het die vryheid om jou huis te verkoop, te verhuur of oor te dra soos jy wil – met die gemoedsrus van ‘n veilige en waardevaste belegging vir die toekoms.

Fase 10 - Eksklusiewe huise

Fase 6 - Midsorg

Aktiwiteite & Gemeenskap

Fasiliteite & Dienste

Algemene Vrae

Is dit veilig by Die Oog?

Ja, veiligheid is een van die kernprioriteite by Die Oog.  Die oord is geleë in ’n rustige landelike omgewing, ongeveer 15 km vanaf die naaste dorp en ver van enige informele nedersettings.  Hierdie afgeleë ligging dra by tot ’n natuurlik lae risiko vir misdaad.

Bo en behalwe die voordele van die ligging, beskik Die Oog oor ‘n omvattende en professionele sekuriteitsinfrastruktuur:

  • Die oord is omhein met ’n elektriese sekuriteitsheining.
  • ’n Erkende sekuriteitsmaatskappy van topgehalte is verantwoordelik vir streng toegangsbeheer.
  • Daar is voldoende sekuriteitswagte wat elke nag sigbare patrollies op die perseel uitvoer.

Hierdie maatreëls verseker ’n veilige en sorgvrye leefomgewing vir al ons inwoners.

Die ontwikkelaar van Die Oog is die SAVF – ’n gevestigde en gerespekteerde organisasie wat reeds vir dekades betrokke is by die versorging en ondersteuning van bejaardes in Suid-Afrika.

Die betrokkenheid van die SAVF verseker dat Die Oog nie net ’n kwaliteit leefomgewing bied nie, maar ook dat dit met integriteit en met die belange van inwoners in gedagte bestuur word.

Slegs deeltitel eienaarskap is van toepassing by Die Oog.  Elke koper verkry volle eiendomsreg in terme van die Deeltitelwet, met ’n belang in die gemeenskaplike eiendom van die oord.

Daar is geen lewensreg- of huurmodel nie — jy besit die eenheid en kan dit verkoop, verhuur of bemaak soos jy verkies.

Die Oog beskik oor ’n volledig toegeruste en behoorlik geregistreerde gesondheidsorgsentrum, wat aan alle toepaslike wetlike vereistes en gesondheidsregulasies voldoen. Die sentrum bied 24-uur professionele versorging deur gekwalifiseerde personeel, insluitend geregistreerde verpleegkundiges, en is ontwerp om inwoners met hul verskillende vlakke van sorgbehoeftes gemoedsrus en ondersteuning te bied.

Die Oog is geleë in ‘n rustige landelike omgewing, maar steeds binne bereik van verskeie mediese fasiliteite:

  • Die naaste openbare hospitaal is in Warmbad (Bela-Bela), ongeveer 50 km van Die Oog af.
  • Die naaste privaat hospitaal is Mediclinic Polokwane, sowat 114 km vanaf Die Oog.
  • Nog ’n uitstekende opsie vir privaat mediese sorg is Netcare Montana in Pretoria, ongeveer 149 km weg.

Die Oog beskik self oor ’n behoorlik geregistreerde gesondheidsorgsentrum op die perseel vir daaglikse sorg en noodgevalle, en mediese personeel is beskikbaar om inwoners by te staan wanneer nodig.

Enige persoon mag ’n eenheid koop, maar om permanent by Die Oog te kan woon, moet jy ten minste 50 jaar oud wees.

Indien jy getroud is met iemand van 50 jaar of ouer, kwalifiseer jy ook om daar te bly, selfs al is jy self jonger.

Die bouproses neem gewoonlik ongeveer 150 dae nadat die nodige dienste geïnstalleer en planne goedgekeur is.

Intrek kan dus plaasvind sodra die huis voltooi is en alle vereiste goedkeurings ontvang is.

By Die Oog word daar daagliks gesubsidieerde middagetes aangebied aan inwoners wat dit verkies.  Inwoners bespreek en betaal vooraf vir die etes wat hulle verlang.

Daar is geen verpligte etes nie, en etes is nie by die maandelikse heffings ingesluit nie.

Hierdie stelsel bied inwoners die vryheid om self te kies wanneer hulle van die diens gebruik wil maak, terwyl dit steeds ’n gerieflike en bekostigbare opsie bly vir daaglikse voeding.

Kinders en kleinkinders is meer as welkom om by inwoners van Die Oog te kom kuier – gesinsbande en saamwees word waardeer en aangemoedig.

Gaste mag egter nie langer as 30 opeenvolgende dae by ’n eenheid bly sonder die toestemming van die Raad nie.

Ja, Die Oog het ’n geriefswinkel op die terrein wat basiese benodigdhede voorsien.

Daar is ook ’n spesiale afdeling waar inwoners hul eie handwerk en tuisgemaakte gebak kan verkoop, wat ’n wonderlike geleentheid bied om gemeenskaplike talent te ondersteun en te deel.

Die maandelikse heffing by Die Oog word jaarliks deur die regspersoon vasgestel en is maandeliks vooruit betaalbaar om die verskillende dienste en fasiliteite te finansier.  Die verhoging / verlaging van heffings hou direk verband met die begroting wat die regspersoon jaarliks tydens ’n algemene jaarvergadering moet goedkeur.

Dit sluit die volgende in:

  • Onderhoud van gemeenskaplike areas en infrastruktuur;
  • Sekuriteitsdienste, insluitend toegangbeheer en nagpatrollies;
  • Suiwering en waterdienste;
  • Oordbestuur en administrasie;
  • Ander fasiliteite soos die gesondheidsorgsentrum, tuindienste en skoonmaakdienste.

Die presiese bedrag van die heffing kan wissel afhangende van die grootte van jou eenheid en ander faktore.

Ja, daar is eenhede beskikbaar om te huur. Eienaars en beleggers bied van tyd tot tyd hul eenhede te huur aan, en belangstellendes kan direk met die eienaars, die bestuur of die betrokke eiendomsagent in verbinding tree vir beskikbaarheid en besonderhede.

Die Oog bied ‘n omvattende reeks fasiliteite wat ontwerp is om aan die unieke behoeftes van aftree-inwoners te voldoen. Die oord kombineer gemak, natuurskoon en uitstekende sekuriteit om ’n aftreebestemming van hoë gehalte te skep waar inwoners met gemoedsrus kan woon.

Vir besonderhede oor die fasiliteite wat aangebied word, sien asseblief die lys.

Laai ons brosjure af

Vir meer inligting van Die Oog

Getuienisse

Waarom het ons Die Oog gekies? Ons het baie ander aftreeoorde besoek en oorweeg, maar nie een kon ten volle met Die Oog kompeteer nie wat betref die talle sosiale, sport, en kulturele aktiwiteite om by betrokke te raak. Besoekers gee dadelik komplimente oor die baie mooi omgewing en natuurskoon. Bekostigbaarheid en die besondere uitnodigende interaksie tussen die inwoners het die deurslag vir ons keuse gegee.
Albert & Ria van der Linde
Dit is die maand Februarie 2016, ek en vroulief geniet die dag ín die warmwater swembad te Rhemardo en gesels oor ons aftrede oor 2 jaar. Waar wil jy eendag aftree vra ek haar? Spontaan antwoord Wendy, net hier oorkant. Hoekom vra ek? Dit lyk na so ‘n lekker plek om te woon. Op al my argumente hoekom ons nie so ver van die stad kan woon nie is sy reg met antwoorde. Nee die dokter is nie te vêr, en hier is mos ‘n dokter in die dorp en ‘n bobaas sorgsentrum.
Johan & Wendy Engelbrecht
Die Oog Aftree-Landgoed “Ons aardse eindbestemming”. Na jare se bekendheid van ‘n beroep in ‘n gevestigde gemeenskap, moes ons wortels uittrek om na ‘n kleiner, nuwe omgewing te verhuis. Om ‘n klein paradys in die Bosveld te ontdek, was werklik die groot Meester se “bederfplan” met ons. Die Oog is meer as net ‘n blyplek, dis ‘n omgee-plek, hartsplek tussen- enom jou soort mense -’n belewenis van pure plesier.
Annetjie & Theuns Linnenkamp

No Content