Gesondheidsorg

Gesondheidsorg

In vennootskap met SAVF — ’n organisasie met ’n invloedryke geskiedenis van versorging sedert 1904 — bied ons 24-uur hoë gehalte sorg.

SAVF bring hul kundigheid in verpleeging, gebalanseerde maaltye, akkommodasie en algemene welstand na Die Oog, met ’n beplande 127-bed sorgsentrum wat ’n omgewing sal bied waar inwoners waardig en veilig kan oud word.

Voltydse gekwalifiseerde personeel lewer uitstekende sorg aan meer as 700 inwoners van Die Oog Aftree-Leefstyl. Die bestaande 29-bed gesondheidsorgsentrum bied versorging op vier vlakke van gemoedsrus, met toegang tot omvattende dienste — vandag én in die toekoms.

– VOORKOMENDE GESONDHEIDSORG EN NOODREAKSIE

Gereelde besoeke aan die sentrum vir bloeddruk-, bloedsuiker- en ander toetse, asook monitering van inwoners se gesondheid. Medikasie word afgelewer by die sorgsentrum, insluitende chroniese medikasie. Medikasie word ook deur apteke op inwoners se versoek tuis afgelewer.

– LANGTERMYN VERSWAKTE SORG EN TERMINALE SORG

Vir eienaars en goedgekeurde persone teen baie billike tariewe.

– TUISSORG

(OP VERSOEK)

– BYSTANDSORG (MIDSORG)

SAVF as ontwikkelaar beplan ‘n gespesialiseerde geheuesorg-sentrum vir ondermeer persone met Alzheimer en Dementia, met ‘n addisionele 60 tweeslaapkamereenhede wat eienaars onafhanklik laat bly, met bystandsorg vanaf die gesondheidsorgsentrum. Dit sluit ‘n toekomstige beplande moderne gesondheidsorgsentrum met 127 beddens in.

Hierdie benadering tot gesondheidsorg hetsy fisies, psigies of maatskaplik skep ‘n veiliger, gesonder gemeenskap waar elke persoon die sorg en aandag ontvang wat hulle benodig.