explore
Jy sal mal wees oor ons aktiewe, vreugdevolle gemeenskapslewe
Om fisies, intellektueel, geestelik en sosiaal aktief te bly, hou geweldige voordele in, veral vir ouer persone. By Die Oog beoefen inwoners stokperdjies, oefen in die gimnasium en ander fiksheidsklasse soos pilates of water-aerobies, stap gereeld op die uitgestrekte terrein en in die wildskamp, kyk voëls. hou sekere troeteldiere aan (volgens die gedragsreëls) en nog baie meer.
Hulle is aktief betrokke by die gemeenskap en maak ‘n groot bydrae met vrywillige werk. Vakansietye is die landgoed ‘n miernes van bedrywighede soos wat familie en vriende kom kuier en almal die vakansie-oord fasiliteite geniet.
Kultuur bly ook nie agter nie. Daar is alles van kore, toneelopvoerings, kunsuitstallings, poësie-aande en nog baie meer.
‘n Familie leefstyl
Die Oog is geskoei op die beginsel van ‘n aktiewe leefstyl na aftrede – om nog deeltyds te werk, verder te leer, inkomste te verdien, te sosialiseer, reis, belê in die omgewing en om nuwe uitdagings te aanvaar en sodoende ‘n langer, beter kwaliteit lewe te hê.
By Die Oog beleef die inwoners heeljaar ‘n familie-leefstyl en hulle gaste kan ook van al die fasiliteite gebruik maak. Dit skep ‘n omgewing waar kleinkinders daarna uitsien om by oupa en ouma te kom kuier, familiewaardes word weer uitgeleef en ouers kan ‘n welverdiende ruskans geniet.
Die boomryke omgewing met groot oop ruimtes, ‘n natuurlike warmbron, ‘n warmwaterswembad, ‘n waterglybaan en ‘n mini gholfbaan (“putt putt”) is baie gewild. Ander fasiliteite sluit in tennisbane, vlugbalbane, potspeltafels (“pool”), kinder speelareas, wandelroetes, wildritte en ‘n teetuin.
Gesondheidsorg
Voltydse gekwalifiseerde personeel lewer ‘n uitstekende gesondheidsorgdiens aan die inwoners van Die Oog Aftree-Landgoed. Die gevestigde gesondheidsorgsentrum (“frail care centre”) met 29 beddens en verskeie ander fasiliteite word gebruik as basis. Ons het tans reeds 700+ permanente inwoners wat hierdie voordele gebruik en geniet.
Die versorgingsmodel by Die Oog bied 4 vlakke van gemoedsrus. Deur hierdie omvattende gesondheidsorgdienste te bied, verseker ons dat alle inwoners toegang het tot die nodige hulpbronne om hul gesondheid te handhaaf en te verbeter.
- VOORKOMENDE GESONDHEIDSORG EN NOODREAKSIE
Gereelde besoeke aan die sentrum vir bloeddruk-, bloedsuiker- en ander toetse, asook monitering van inwoners se gesondheid. Medikasie word afgelewer by die sorgsentrum, insluitende chroniese medikasie. Medikasie word ook deur apteke op inwoners se versoek tuis afgelewer.
- LANGTERMYN VERSWAKTE SORG EN TERMINALE SORG
Vir eienaars en goedgekeurde persone teen baie billike tariewe.
- TUISSORG (OP VERSOEK)
- BYSTANDSORG (MIDSORG)
Die ontwikkelaar beplan ‘n spesiale sentrum vir alzheimer/dementia pasiënte met ‘n addisionele 60 twee slaapkamereenhede wat eienaaras onafhanklik laat bly met volledige bystandsorg vanaf die gesondheidsorgsentrum.
Hierdie benadering tot gesondheidsorg hetsy fisies, psigies of maatskaplik skep ‘n veiliger, gesonder gemeenskap waar elke persoon die sorg en aandag ontvang wat hulle benodig.
Deeltitel belegging vir kapitaalgroei en verhurings moontlikhede
Jou aftree-huis is een van die belangrikste beleggings wat enigeen kan maak. Dit is meer as ‘n dak oor jou kop – dit kan jou rande rek tot jou oudag en as vangnet dien in ‘n noodgeval.
Die Oog Aftree-Landgoed is ‘n deeltitelskema, wat jou eienaarskap van jou eeinheid gee, asook mede-eienaarskap in die volle 200ha eiendom met al die gedeelde fasiliteite daarop Jy kan die huis verkoop vir ‘n wins, verhuur of bemaak aan wie jy wil. Slegs 3% van die verkoopprys word aan die Beheerliggaam betaal om die stabiliseringsfonds te versterk by verkoop van die eiendom.
Vooruitdenkende mense koop vir hulle eenhede by Die Oog, verhuur die huis uit en besluit self wanneer hulle self in die huis wil intrek. Intussen groei die eiendom in waarde.
Fasiliteite & Dienste - Alles wat jy nodig het
Die inwoners wat reeds hul tuiste gemaak het op Die Oog Aftree-Landgoed, getuig van ‘n vreedsame, sorgvrye leefstyl wat herinner aan ‘n permanente vakansie. Hier leef mense met gemoedsrus in ‘n veilige, goed versorgde omgewing, omring deur natuur en gemeenskap.
Wat Die Oog werklik besonders maak, is die verskeidenheid van fasiliteite en dienste wat met sorg en oorweging aangebied word – alles gerig daarop om die daaglikse lewe makliker, ryker en meer vervullend te maak. Van ontspannings- en sosiale ruimtes tot gesondheidsorg, geriewe vir fisieke aktiwiteit en praktiese ondersteuning, daar is iets vir elke lewensfase en belangstelling.
Inwoners kry volop geleenthede om aktief deel te neem aan gemeenskapsaktiwiteite, stokperdjies te beoefen, nuwe vriende te maak, en hulle unieke leefstyl na hartelus uit te leef – alles binne die koesterende en ondersteunende gemeenskap van Die Oog Aftree-Landgoed.
Oop & Veilig - Asemrowende bosveld natuurskoon
Die Oog Aftree-Landgoed is geleë in die hartjie van Limpopo se pragtige bosveld, net buite Naboomspruit op die Mineralebronne-pad (R520). Hierdie unieke ligging kombineer die rustigheid van natuur met die gerief van nabygeleë dorpsfasiliteite – ’n ware toevlugsoord waar jy werklik kan ontspan en leef.
Inwoners geniet nie net asemrowende uitsigte en oop, natuurlike ruimtes nie, maar ook die voordele van uitstekende sekuriteit wat 24 uur per dag beskikbaar is. Die landgoed is volledig omhein en toegerus met beheerde toegang, sodat jy met volle gemoedsrus jou dae kan deurbring. Of jy op jou stoep sit en die wild kyk, in die tuine stap, of saam met vriende kuier – veiligheid is ‘n gegewe, nie ‘n bekommernis nie.
Hier vind jy die perfekte balans tussen vryheid en beskerming. Die oop ruimtes en natuurlike omgewing bied ‘n gevoel van ruimte en vars asem, terwyl die sekuriteitsinfrastruktuur jou toelaat om werklik sorgvry en onbesorg te leef. Die Oog is nie net ’n plek waar jy woon nie – dis ’n plek waar jy vry voel, waar jy kan asemhaal, en waar jy werklik tuis kan wees.