Ons bemagtig lewens en versterk gemeenskappe
Die Oog Aftree-Landgoed is trots om in vennootskap met SAVF ’n nuwe standaard van bejaardesorg na die gemeenskap te bring.
SAVF – ’n betroubare organisasie wat reeds sedert 1904 omgee vir die welstand van bejaardes in Suid-Afrika. As deel van ons verbintenis tot holistiese versorging, beplan die SAVF ’n splinternuwe 127-bed mediese sorgsentrum.
Hierdie moderne fasiliteit sal gespesialiseerde geheusorg bied vir persone met onder andere Alzheimers, Demensie, asook ander toestande wat voltydse, professionele ondersteuning vereis. Die sentrum word ontwerp om nie net aan mediese behoeftes te voldoen nie, maar ook om ‘n veilige, waardige en liefdevolle omgewing te skep waar inwoners kan leef met respek en menswaardigheid.
Die mediese sorgsentrum sal onder andere bied:
- 24-uur versorging deur opgeleide personeel
- Geskikte en gerieflike akkommodasie
- Gebalanseerde etes
- Professionele verpleegsorg
- Wasgoed- en skoonmaakdienste
Met SAVF se betrokkenheid en profesionele benadering, kan jy gemoedsrus hê dat jou geliefdes in bekwame en sorgsame hande is.
By Die Oog leef jy met kwaliteit, ondersteuning en omgee.